top of page
Featured Posts
Check back soon
Once posts are published, you’ll see them here.
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

Lees saam met jou kleuter


Die heel belangrikste ding wat jy kan doen om jou kleuter ’n leser te laat word, is om saam boeke te geniet – en dis nooit te gou om te begin nie. Praat oor boeke

As ’n mens oor ’n boek praat, help dit kleuters om betrokke te raak. Dis terselfdertyd ook ’n baie goeie manier om hulle taalvaardighede te ontwikkel. Terwyl jy lees, praat oor die prentjies en wys na dinge wat jou kleuter dalk nie raakgesien het nie. Vra jong kleuters om op ’n prentjie te wys na die dinge wat jy vra. Jy kan ook maklike vragies vra oor hoe die karakters in die storie vóél. Lees hardop

Voordat jy ’n boek vir jou kleuter lees, probeer dit eers self lees. Dis makliker om stories hardop te lees as jy dit reeds ken. Jy kan dan sommer vooraf dinge raaksien wat jou kleuter moontlik nie sal verstaan nie of wat ontstellend kan wees. Moedig kleuters aan om te kies watter boek húlle wil lees, en laat hulle toe om die boek vas te hou en om te blaai. Die eerste keer wat jy ’n boek lees, sal hulle dit moontlik net wil deurblaai. Moet dus nie bekommerd wees as julle deeltjies van die storie uitlaat nie. Die belangrikste is dat die kleuter dit moet geniet om die boek te ontdek. Jy kan later die hele storie lees. Weer! Weer!

Kleuters hou daarvan om hulle gunstelingstories oor en oor te hoor. Wees dus voorbereid om dieselfde boek weer en weer te lees! Hierdie aanhoudende herhaling gee kleuters selfvertroue en is werklik belangrik vir die aanleer van taal. Kleuters moet ’n woord of uitdrukking baie keer hoor voordat hulle dit self reg kan gebruik. Hulle moet ook leer dat die taal van ’n storie dieselfde bly al lees jy dit hoe dikwels. Maar bowenal moet dit vir hulle pret wees! Hoekom vir babas en kleuters lees?

Babas en kleuters vir wie baie gelees word, het dikwels ’n langer aandagspan. Om vir kleuters te lees, help hulle om nuwe woorde te leer en beter praters te word. Boeke kan help om kwessies soos potjiedissipline, of ’n nuwe baba, te begryp en hanteer. Om storieboeke saam te geniet, help kleuters om hul gevoelens te herken en daaroor te praat.


bottom of page