top of page

Privaat Kleuterskool

Al spelende leer ons... Sedert 1975


Swaan en Flamink streef daarna om 'n kreatiewe omgee omgewing te skep waar binne die sosiale, emosionele, fisiese en intellektuele ontwikkeling van elke kleuter aangespreek word.

Swaan & Flamink Kleuterskool.png

Ons Beginsels

Afrikaanse Christelike Privaatskool

(Onderrig  vanaf  3 maande tot  Graad R)

Ons roeping as onderwyseresse is om aanvullend tot die kleuters se ouers, ons kleuters te begelei om die volle potensiaal wat in hulle verweef is te ontwikkel. Mag hulle verstandelik en liggaamlik groei en in guns by God en mense toeneem.


Swaan en Flamink handhaaf reeds die afgelope 43 jaar die hoogste standaarde van sorg, ontwikkeling en opvoeding vir ons kleuters. 

IMG_0211.JPG

Visie

Missie

Ons ROEPING as onderwyseresse is om AANVULLEND tot die kleuters se ouers;

ons kleuters te begelei om die VOLLE POTENSIAAL wat in hulle VERWEEF is te

ontwikkel.  Mag hulle VERSTANDELIK EN LIGGAAMLIK groei en in guns by GOD en 

mense toeneem.

SWAAN EN FLAMINK streef daarna om 'n KREATIEWE omgee omgewing te skep,

waarbinne die SOSIALE, EMOSIONELE, FISIESE en INTELLEKTUELE ontwikkeling van elke

kleuter aangspreek word.

Waardes

Ons leer om te VERTROU. Ons leer om TE GEE. Ons leer om te LUISTER. Ons leer om te DEEL.

Ons leer om LIEF te hê. Ons leer om GEHOORSAAM te WEES. Ons leer om te DIEN.

Ons leer om te VERGEWE. Ons leer om DANKBAAR te wees. Ons leer om te LAG.

Ons leer om te WAARDEER. Ons leer om  GROOT te DROOM.

Ons leer om die WAARHEID te PRAAT. Ons leer om te HELP. Ons leer RESPEK. Ons leer om te GLO

Ons leer om EERLIK te wees. Ons leer om VERANTWOORDELIK te wees. Ons leer WAARDES.

Ons leer om KREATIEF te wees. Ons leer om HOFLIK te wees. Ons leer om LOJAAL te wees. Ons leer om te WAAG.

Ons leer om ons BES te doen. Ons leer om ons TALENTE te gebruik. Ons leer om te BID.

ONS GROEI TOT SY EER

Skrif teen die muur

Ons is toegewyde onderwyseresse en die opvoeding van ons kleuters is ons prioriteit

“Swaan en Flamink Kleuterskool is ‘n veilige hawe.  Die fantastiese, hardwerkende onderwyseresse maak plek vir elke kleuter in haar klas.  Hulle is doelgerig en hul eerste prioriteit is die kleuters. Ek verruil hierdie Kleuterskool vir niks in die wêreld nie!”

Frances Basson

Die skoolhoof, onderwysers en klashulpe het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Dit was duidelik dat ons seuntjie baie liefde, genoeg dissipline en die regte stimulasie in 'n goedbeheerde veilige Christelike omgewing ontvang. Hy het geblom!

Naomi Kluge

Altwee my kinders was in Swaan en Flamink.  Ek sal enige nuwe mamma soontoe verwys.  Die toegewyde onderwyseresse in Swaan en Flamink le ook na aan my hart, regtig net soos familie.

Stephanie Rheeders

bottom of page