top of page
Ontwikkelingsnorme en mylpale van voorskool se kinders

Samewerking tussen ouers, onderwysers en skool is noodsaaklik vir die ontwikkeling en vaslegging van positive gedragspatrone, gewontes, sekuriteit, roetine en total ontwikkeling van enige voorskoolse kind.

Afgespitse ouderdomstoepaslike stimulative is van kardinale belang, om die potensiaal soos in elke kleuter verweef, te ontwikkel.

Die ontwikkelingsmylpale; die tempo en ouderdom waarteen bepaalde vaardighede in kinders ontwikkeld behoort te wees; sluit in:

  1. Emotioneel - sosiale vaardighede

  2. Posturele en Motoriese vaardighede

  3. Spraak- en taalvaardighede

  4. Woordeskat

  5. Kognitiewe vaardighede

Hierdie vaardighede (mylpale) behoort teen 'n bepaale ouderdom so ontwikkeld en geintegreerd te wees, dat kinders dit gemaklik en toepaslik kan gebruik in enige omgewing en situasie waarin hy of sy hulleself bevind.

Vaardighede moet funksioneel en toepaslik gebruik kan word: binne die volgende omgewings en strukture:

  • Sosiaal- emosioneel (interpersoonlike verhoudings)

  • Postureel

  • Groot en fyn motories

  • Basiese konseptualisering

  • Perseptueel

  • Selfstandigheid en onafhanklikheid

  • Spraak en taal

Wanneer bereik Kinders, watter mylpale..? Die volgende konsepte word hanteer:

  • Die ontwikkeling van emosionele en interpersoonlike verhoudingsvaardighede.

  • Motoriese vaardighede (groot en fyn)

  • Perseptueel soos by:

    • liggaamskonsep​

    • konsepte van vorm en kleur

    • voorgrond-agtergrond

    • ruimtelike vaardighede

    • analise en sintese, opeenvolging

    • konsentrasie en geheue

Klasindelings word dan in ag geneem met bg. mylpale en die bereiking daarvan deur afgespitsestimulasie gedoen en aangespreek. 

Junior Klasse

IMG_6308.JPG
21e9fdb6-1155-40ba-81d1-6942c0ea05dd.JPG
031df05b-2c08-469d-8b85-c3adf25164cf.JPG

Llamaklas

3-12 maande

Die ratio is 1:4 maksimum 12 baba's. Die eerste 1000 dae is van kardinale belang. neorobane ontwikkel teen 'n vinnige tempo.

Die baba is van nature nuuskierig en ontdek voortdurend om sin van die wëreld om hulle te maak.

Die suigelingfase wat vanaf die neonatale fase tot ongeveer aan die einde van die eerste jaar strek word gekenmerk deur buitegewonde groei en ontwikkeling.

Die baba se funsionering verander van 'n refelksvlak to 'n vlak waar hy samehangend praktiese handeling t.o.v. sy onmiddelike omgewing kan uitvoer. Hul kommunikeer d.m.v. gesigsuitdrukkings en geluide

Vroeë wiskunde voorvaardighede en logiese konsepte ontwikkel. die toevallige druk van 'n knoppie wat 'n geluid to gevolg het, sal dan herhaal word Hul leer van grootte en vorm. 'n sekere form en grootte blokkie , pas in 'n sekere opening.

 

Emosionele ontwikkeling lyk soos volg:

  • 3 -4 maande:

    • Verbasing ontwikkel​

    • Aggressie ontwikkel

    • Toon plesier deur gesigsuitdrukkings en liggaamsbeweings

    • Buie wissel tussan geluk en hartseer.

  • 5 -7 maande:

    • Toon gretigheid en ongelukkigheid deur vokale ekspressies, gesigsuitdrukkings en ligaamlike beweings.​

  • 7 -9 maande:

    • Begin skaam word.​​​

  • 9 maande

    • Potensiële skeidingsangs

Die gehalte van vertroeteling wat hy ontvang, is bepalend vir die ontwikkeling van sy vertroue. Dit vorm weer die baasis van alle toekomsitige sosiale verhoudings.

Sosiale Ontwikkeling:

  • maande

    • Geintereseerd in bewegings van tense rondom hom​

    • Wys plesier deur te glimlag, te skop met sy bene en te waai met sy arms.

  • 4 maande:

    • Hul hou van nabyheid. Hul wil nie te lank alleen met 'n speelding wees nie, of te lank alleen gelaat word nie.​

    • Hulle glimlag as iemand met hulle gesels of speel

  • 5 maande: 

    • Hul kan hard op lag​

  • 6 maande:

    • Hul strek arms uit, om opgetel te word ​

  • 7 - 9 maande

    • Hul ken hul naam​

    • Speel speletjies soos "handjies klap"

  • 9 - 12 maande

    • Speel graag "​wegkruipertjie"

Groot - Motosiese ontwikkeling:

  • 4 - 6 maande

    • hul begin rol - vroeë midlynkruising​

  • 6-8 maande

    • hul oog-hand koördinasie word verfyn. Hul strek hul uit om 'n speelding te kry ​

    • Hul kan selfstandig sit.

  • 8 - 10 maande

    • Hulle begin kruip. Hul wird aangemoedig deur hul op hul magies op die mat te laat​ lê.

    • Roller balls of kussing, ten einde skouer-gordel te versterk

    • Kruipstadium speel 'n belangrike rol, in die ontwikkeling van wiskundige voorvaardighede

Taal ontwikkeling:

Die baba's kommunikeer aanvanklik deur gesigsuitdrukkings en geluide (brabbel- klanke)

  • Reageer op die baba se brabbel - klank

  • herhaal klanke en woorde

  • Praat en gesels met baba

  • Spel fasiliteer taal

  • Boots klanke na

  • Rympies en kinderliedjies is baie belangrik

  • Moet hoegenaamd nie baba taal gebruik nie

  • Luister benoem omgewingsklanke

  • Beskryf sy omliggebde omgewing aan hom

  • Hou die omgeweing interesant

  • Maak oogkontak tydens "gesprekte"

  • Gebruik speelgoed wat geluide maak

  • Gebruik 'n kookie en laat hom die geluid volg 

  • Lees boekies

Taal sluit die wêreld van leer oop.

Senior Klasse

6cc24dff-4205-49c4-a0e1-d6d7f21ab66a.JPG
58586f84-1871-492a-8730-95fc256c1c8b.JPG
0d99f9f1-b12a-452a-bdbe-a374f23f4aa3.JPG

Sebras

3 jaar en 6 maande

20 kleuters  en 2 personeellede

Groot- motoriese ontwikkeling 

  • Kan op 'n reguit lyn loop

  • Kan spring, met 2 voetjies bymekaar

  • Kan op een been staan vir 3 sek. met ogies oop en armpies gestrek om balans te behou 

  • Vang bal met arms reguit. Vang nog met hele lyf

  • Kan bal hard stop, sonder om balans te verloor

  • Kan hardloop en 'n bal skop 

Fyn - motoriese ontwikkelinge:

  • Hul kan die volgende nateken o | -H T

  • Potloodgreep - hou die kryt vas tussen dum, middle en wysvinger

  • Gebruik nog arm greep om te teken

  • Skouer en elemboog greep is stabiel

  • Begin op 'n lyn knip

  • Kan +/- 12 - 15 Krale ryg

  • Kan toring met 10 - 15 blokke bou

Perseptuele voordighed:

Liggaamsbewustheid:

  • Kan 8 liggaanmsdele uitken en benoem

  • Verstaan die funksies van liggaamsdele - handjies vat

Vorm:

  • Kan vierkant, driehoek en sirkel uitken.

Kleur:

  • Kan ministers 4 kleuter herken

Getalkonsep:

  • Kan met begrip tel tot 6

  • kan sorter volgens vorm of kleur

  • Kan die grootste en kleinste onderskei 

Visual persepsie

  • Kan blokpatrone na bou

  • Kan met vorms patroon bou, bv huis met vierkant en driehoek

  • Kan 4 - 10 stun legkaart bou

Kognititiewe Ontwikkeling :

  • Kan 3 voorwerpe en posisionering onthou 

  • Kan vir +/- 15 minute konsentreet op een aktiwitet 

  • Kan homself tussen 30 min en 60 min besiege hou 

Taalontwikkeling:

  • Herken en verstaan meervoude

  • Verstaan meer kompkekse sinne

  • Kan langer gesprekte voer

  • Vra graag "hoekom" "hoe" vrae

  • Lees ministers 3 stories per dag vir kleuters

Selfstandigheid:

  • Eet met 'n vurk of lepel

  • Kan self aantrek ... linker skoen en regter skoen

  • Kan ritssluiter ooptrek

  • Kan die toilet spoel

  • Kan met klein huishoudelike takies help

Sosiale Ontwikkeling:

  • Sosiale vaardighede ontwikkel. Hul is bemagtig om in grooter groep te funksioneer.

  • Hul is reedlike voorskriftelik tydens spel 

  • Akkomodasie het nog nie ontwikkel nie

Ons Standaarde

Die pilare van ons skool is gebasseer op die volgende wenresep

​Gekwalifiseerde, toegewyde onderwyseresse met toegewyde, geskoolde assistente vir elke klasgroep.

Beperkte klasgroottes om te verseker dat daar na elke kind as individu omgesien word.

Doelgerigte speelgoed en ruim klaskamers met voldoende toiletgeriewe vir elke klasgroep.

Veilige en ruim speelterreine met kwaliteit apparate en fasiliteite en voldoende toesig.

Ons bied Naskool van 13:30 - 17:00 vir alle ouderdomsgroepe.

Vakansieskool tree in werking tydens skool vakansie en 'n spesiale program word aangebied.

Vakansieskool is van 07:00 - 17:00 teen 'n addisionele vaste fooi.

bottom of page